18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.
19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom — wie het medelyde met jou? — verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?
20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos ’n eland in ’n vangkuil, vol van die grimmigheid van die Here, van die dreiging van jou God.
21 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!
22 So sê jou Here, die Here, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
23 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos ’n straat vir die wat daaroor gaan.