12 Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.
13 KYK, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.
14 Soos baie hulle oor U verstom het — so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ’n mensekind nie —
15 so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.