18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die Here sal vir jou wees ’n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die Here sal vir jou wees ’n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
21 En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, ’n werk van my hande, tot my verheerliking.
22 Die kleinste sal ’n geslag word en die geringste ’n magtige nasie. Ek, die Here, sal dit op die regte tyd gou laat kom.