7 EK sal die goedertierenhede van die Here prys, die roemryke dade van die Here, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.
8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ’n Heiland geword.
9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
10 Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ’n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
11 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom ’n ewige Naam te maak?
13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos ’n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?