7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
8 Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
9 Here, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
10 U heilige stede het ’n woestyn geword; Sion het ’n woestyn geword, Jerusalem ’n wildernis.
11 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het ’n puinhoop geword.
12 Here, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?