2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ’n opstandige volk wat wandel op ’n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
3 ’n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene;
4 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;
5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is ’n rook in my neus, ’n vuur wat die hele dag brand.
6 Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem —
7 julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die Here; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels — ja, Ek sal vóór alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
8 So spreek die Here: Soos wanneer iemand mos vind in ’n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is ’n seën in — sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.