1 SO sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die Here. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
3 Wie ’n bees as offer slag, is soos hy wat ’n man doodslaan; wie ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; wie ’n spysoffer bring — dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat ’n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel ’n behae het in hul verfoeisels,
4 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.
5 Hoor die woord van die Here, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die Here heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
6 Hoor — ’n rumoer uit die stad! Hoor — uit die tempel! Hoor — dit is die Here wat sy vyande hulle dade vergeld!
7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van ’n seuntjie verlos.