10 En die Here het verder met Agas gespreek en gesê:
11 Eis vir jou ’n teken van die Here jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
12 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die Here nie versoek nie.
13 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
14 Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.
15 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.
16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.