1 VERDER het die Here aan my gesê: Neem vir jou ’n groot tafel en skrywe daarop met ’n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
2 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.
3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en ’n seun gebaar; en die Here het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.
4 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samaría voor die koning van Assur bring.
5 Verder het die Here nog met my gespreek en gesê: