10 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en ’n regsvergadering oproep — wie sal Hom dan teëhou?
11 Want Hý ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
12 So kan dan ’n domme verstand verkry en ’n jong wilde-esel as mens gebore word.
13 AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
14 — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie —
15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
16 Ja, jý sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.