11 Want Hý ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
12 So kan dan ’n domme verstand verkry en ’n jong wilde-esel as mens gebore word.
13 AS jý jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
14 — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie —
15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
16 Ja, jý sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre!