2 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet ’n loslippige man reg hê?
3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak —
4 en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
5 Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou ’n deel van jou skuld deur die vingers sien.
7 KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
8 Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet?