3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
4 Ek moet ’n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het — ’n belagging is die regverdige, die opregte!
5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
7 MAAR vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die Here dit gemaak het nie?