15 Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
16 Ook is dit my tot heil dat ’n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.