5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hy soos ’n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
7 Want vir ’n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof —
9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ’n tak soos ’n jong plantjie.
10 Maar ’n man sterwe en is magteloos; ja, ’n mens blaas die asem uit en — waar is hy?
11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog —