25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
26 (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
27 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en ’n vetlaag op sy heupe gevorm het,
28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
29 HY bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees.