28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
29 HY bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees.
32 Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
33 Hy skud sy onryp druiwe af soos ’n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ’n olyfboom.
34 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.