2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
3 Kom daar nou ’n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
5 ek sou julle kon versterk met my mónd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
6 AS ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou — watter verligting bring dit my?
7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
8 En U het my gegryp — ’n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.