12 Van die nag maak hulle ’n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.
13 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,
14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,
15 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?
16 Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.