23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ’n boek opgeteken word —
24 met ’n ystergriffel en lood — vir altyd in ’n rots ingekap!
25 MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —
29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar ’n oordeel is.