1 EN op ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Here te stel.
2 Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
3 En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
4 Toe het die Satan die Here geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;