6 En die Here sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
7 En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
8 En hy het vir hom ’n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.
9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
10 Maar hy antwoord haar: Soos ’n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
11 EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.
12 En toe hulle op ’n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.