14 Wolke is ’n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,
16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom,
17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.