9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.
11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
12 IS God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
14 Wolke is ’n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,