15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder —
17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
18 Hy het sy huis gebou soos ’n mot en soos ’n skerm wat die oppasser maak.
19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en — is nie meer nie.
20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer ’n stormwind hom weg.
21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.