1 DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
2 En Job het begin en gesê:
3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ’n Seun is ontvang.
4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, ’n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.