23 Waarom gee Hy lig aan ’n man wie se weg verborge is, ’n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!