5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief.
6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.
7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —
8 dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word.
9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.
10 Hulle het ’n afsku van my, staan op ’n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.
11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.