20 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;
21 as ek my hand teen ’n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het —
22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.
23 Want die ondergang wat God bewerk, was ’n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,