22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.
23 Want die ondergang wat God bewerk, was ’n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,
27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ’n kus toegewerp het —
28 ook dit sou ’n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.