5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
6 laat Hy my dan weeg op ’n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!
7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande ’n vlek gekleef het —
8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.
9 As my hart verlok was oor ’n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste —
10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.
11 Want dit is ’n skandelike daad, en dit is ’n strafbare misdaad.