11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.
12 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as ’n mens.
13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van ’n mens nie antwoord nie?
14 WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
15 In die droom, in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;