13 òf tot ’n tugroede, òf tot nut van sy aarde, òf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
14 LUISTER hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suide wind —
18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ’n gegote spieël?
19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.