1 DAARNA het die Here Job uit ’n storm geantwoord en gesê:
2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?
3 Gord dan soos ’n man jou heupe — dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.
4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
5 Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?