14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder ’n seël; en die dinge kry gestalte soos ’n kleed.
15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?
17 Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek,
20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?