20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?
21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!
22 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
23 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?
25 Wie het ’n kanaal gesplyt vir die stortvloed en ’n pad vir die onweerstraal;
26 om te laat reën op ’n land waar geen mens is nie, op ’n woestyn waar niemand woon nie;