28 Het die reën ’n vader? Of wie verwek die doudruppels?
29 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel — wie baar dit?
30 Die waters word hard soos ’n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.
31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?
32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?
33 Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?
34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat ’n oorvloed van water jou oordek?