9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.
10 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ’n grens gestel vir jou trotse golwe.
12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,
13 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?
14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder ’n seël; en die dinge kry gestalte soos ’n kleed.
15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.