1 NIEMAND is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?
2 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
3 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
4 Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring?
5 Die deure van sy gesig — wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.
6 ’n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met ’n vaste seël.