15 Sy hart is hard soos ’n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
16 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
17 Raak iemand hom met die swaard — dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
18 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
19 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
20 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
21 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei ’n ware dorsslee uit op die modder.