13 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.
14 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.
15 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle ’n erfdeel gegee onder hulle broers.
16 En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.
17 En Job het gesterwe, oud en afgeleef.