4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!
5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
7 EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
8 Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ’n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
9 Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die Here aan hulle gesê het; en die Here het Job in guns aangeneem.
10 En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.