22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ’n koringgerf ingebring word op sy tyd.
27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.