11 SO wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
12 Is ek ’n see, of ’n groot seedier, dat U ’n wag teen my opstel?
13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?