6 My dae is vinniger as ’n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my — en ek is daar nie!
9 Die wolk verdwyn en gaan heen — so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
11 SO wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
12 Is ek ’n see, of ’n groot seedier, dat U ’n wag teen my opstel?