7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
8 WANT doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
9 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae ’n skaduwee op die aarde is;)
10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
12 Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras.
13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;