1 MAAR Job het geantwoord en gesê:
2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ’n mens regverdig wees by God?
3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ’n seël wegsluit;