17 Hy wat my deur ’n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
19 Kom dit aan op die krag van die sterkste — hier is Ek! En kom dit op reg aan — wie kan My dagvaar?
20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as ’n verkeerde reken.
21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
22 DIT is net eenders — daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.