5 Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in ’n erfdeel in die vergadering van die Here nie.
6 Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As ’n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!
7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die Here dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?
8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.
9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.
10 Staan op en gaan heen! Want nie hiér is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, ’n onherstelbare verwoesting.
11 As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank — dan sou hy vir hierdie volk ’n profeet wees!