12 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,
14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
16 En Hy het ’n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.
17 Hy het ’n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.
18 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,